Ilze Snyman gebore Wiggill.  Dogter van Blackie en Winnie Wiggill.  Gebore te Generaal Delaray hospitaal in Lichtenburg op 16 April 1980.  Skool loopbaan voltooi te Hoërskool Lichtenburg, SA atletiek (gewigstoot) en Stelleland Netbal..  Laerskool leierskap.  Ek is die jongste van vier kinders.  Ek het twee broers en ‘n suster.  Op 5 jarige ouderdom begin my liefde vir musiek en ek sing graag saam met my ma wat my begelei op klavier en kitaar, en ek was ook deel van die skoolkoor en het ook aan Revue deelgeneem.

1998 voltooi ek skool en matrikuleer aan die Tegnikon van Lichtenburg.  1999 begin ek werk as kroegdame by Rooigrond gevangenisdiens.  Daarna was ek verkoopsdame in verskeie besighede waar die musiek gogga weer gebyt het en ek vir hulle ook promosies gedoen het.  Tydens die tyd het ek en my broer Charles ook ons eie band gehad genaamd Moonlight wat ons begin het in sy garage op Rooigrond.  In die band het ek gesing, Charles op kitaar en ook gesing,  daar was ook 3 ander bandlede op keyboard, dromme en baskitaar.  Ek begin 2006 by my skoonpa werk by Snyman en Kie boekhouers en is tans nog werksaam by hom.

In 2003 ontmoet ek my man Johan Snyman (Snakes) van Groot-Marico.  Ons raak verloof in Junie 2003 en trou op 25 September 2004.  Daarna het my musiek loopbaan vir ‘n tyd lank stil gestaan.
16 Januarie 2009 word ons pragtige dogtertjie Illozane gebore.  3 jaar daarna toe vat my musiek weer vlam.

In 2013 maak ek en my man die groot bestluit om ‘n cd te laat opneem,  en toevallig sien hy op facebook dat Jan Blohm opnames doen.  In April maak ons toe met Jan ‘n afspraak en net daar en dan besluit ons gaan voort.  Jan het begin skryf aan my songs en ons besluit toe om 9 oorspronklike songs en 3 covers op die album te doen.  In September word die album toe opgeneem by Blomhuis Studios in Waverley Pretoria.  Awsome opname gehad.  En hier is ek vandag grootste droom is bewaarheid en nou begin ek my droom leef.  Ek hoop om elkeen wat nou hier lees eendag persoonlike te ontmoet.  En ek hoop dat ek met my cd PSALMS VAN N DROMER(Diverse Album) baie mense se harte kan raak. 

Illa
Biografie
Tuisblad
Biografie
Foto Album
CD ' S
Boek Optredes
Kontak Ons
Gasteboek